Die Ritueel van Haar Heilige Vuur
Vir meer informasie sien www.hekatecovenant.com / www.sacredfires.co.uk
Vertaling na Afrikaans deur Hendrik Venter van die oorspronklike Engels deur Sorita d’Este (2010, www.sorita.co.uk)
Voorbereiding: Vind ‘n rustige plek waar jy die ritueel onversteurd kan uitvoer. Jy sal ‘n kers nodig hê (of ‘n ander vorm van gewyde vuur, soos ‘n lamp of ‘n klein vreugdevuur) en iets om dit aan te steek. Jy mag dalk die kers, of ander items wat jy moontlik kan gebruik volgens jou tradisie, wil reinig, andersins maak asseblief net seker dat alles skoon is.
Inleiding: Maak jouself gemaklik, haal diep asem en vind jou balans, ‘n balans van liggaam en siel en gees, sodat jy jouself met trots en prag aan die wêreld toon. Asem diep in en vind jou stem, die stem waarmee jy woorde van ware en suiwer bedoeling sal spreek. Asem diep in en roep die vryheid in jou hart op, sodat jy jouself kan uitbeeld met die suiwerheid van bedoeling en die krag van begeerte.
Plaas altwee hande op jou hart (drie hartkloppe), jou wysvinger en middelvinger van jou dominante hand op jou lippe (drie hartkloppe), and dan teen jou voorkop (drie hartkloppe).
Maak jou duime in vuise toe, en lig altwee jou arms na die hemel.
Maak altwee jou hande oop, linkerpalm wat na bo wys, en regterpalm wat ondertoe wys, en roep die Godin aan.
Aanroeping:
Ek roep U aan, Vrou van die Hemel, Aarde, en See,
By U geheimenisse van Dag en Nag,
By die Lig van die Maan en die Skaduwee van die Son.
Ek roep U aan, Vrou van die Lewe, Dood, en Wedergeboorte,
Verskyn nou vanuit die skadurealm om my siel te voed en my gees te verlig,
Drievoudige Vrou van die drie rigtings
Ek smeek U, Sleutel-draende Vrou van die Nagdwalende Geeste
Om U wysheid vanuit die sterre voort te bring
Om U Stervuur af te bring vanuit die duisternis tussenin,
Skepster van LIg!
Godin van die Skaduryk! Lig-draende Koningin!
Fluister nou U geheime!
Vuur-bringer! Aardse-een! Koningin van die Hemel!
[Lig beide hande met palms na bo hemelwaarts (drie hartkloppe) en raak dan die grond met palms wat ondertoe wys]
[Sit voor die kers en maak gereed om dit aan te steek]
[Haal drie keer diep asem en laat jou sintuie toe om te ontwaak]
Sê:
Hekate, Metgesel en Gids van die Geheimenisse,
Ek steek dié Heilige Vuur aan om U te eer, [steek die vuur aan]
Sy lig verenig die sterre en stene, die hemele en die aarde,
Met dié vuur beeld ek my begeerte uit om ‘n groter insig te kry van U Geheimenisse.
Askei Kataskei Erōn Oreōn Iōr Mega Samnyēr Baui (3 maal)
Phobantia Semnē,
Grote Hekate, Wie die Web van die Sterre spin en regeer oor die Spiraal van die Lewe,
Lei my na die weg van begrip,
Van Kruispad tot Kruispad,
Die Fakkeldraers en Sleuteldraers van U Geheimenisse,
Sal altyd mekaar vind.
Sit nou en kyk hoe die vlam flikker en dans, laat jouself toe om te fokus op die verskillende kleure in die vlam, die geel en die rooi, die blou, die wit en die swart. As jy wil kan jy tyd spandeer om te mediteer op die vlam, skouend vir visioene of tekens. Jy kan ook die kers dood maak en dit hou – laat jouself van vandag af die pragtige Geheimenisse uitstraal, die vlamme van die vuur van Hekate brand aan in jou hart!
Ek verban nou die skaduwees van twyfel uit my gees,
Vervuld deur die stilte en warmte van ons unie.
Ek voel U goue gloed in my hart
En die glorie van kennis op my voorhoof –
Ek is ‘n student van U Geheimenisse.
Maak die kers dood, en plaas albei hande op jou hart (drie hartkloppe), jou wysvinger en middelvinger van jou dominante hand teen jou lippe (drie hartkloppe), en dan teen jou voorkop (drie hartkloppe).
Maak jou palms oop wysend na die hemel, en reik dan af en raak aan die Aarde.